Een of ander tyd in jou lewe het jy seker al gewonder, waar kom ek vandaan? Dis nie die bytjies en blommetjies verhaal van waar ek vandaan kom nie maar eerder wie is my voorsate, waar het hulle gebly, wat het hulle gedoen of enige inligting oor hulle. Ek het besluit om te begin navors waar ek vandaan kom, ek kan redelik onthou van my kleintyd maar so het elkeen van ons n storie oor ons kleintyd, oor ons self of van iemand in die familie en so kan die prentjie meer kleur kry vir die wat na ons gaan kom, om te verstaan wat die verlede was. Op hierdie manier kan hulle ook beter verstaan waar hulle inpas in die geheel prentjie. Ek het n passie vir ou goed en doen “metal detecting” as n stokperdjie, en veral lief vir die Anglo Boere oorlog. Om n patroon doppie uit te grou wat 120 jaar al onder die grond lê en te weet die laaste keer wat iemand aan hom geraak het was 120 jaar gelede en nou staan ek hier en maak kontak met die verlede, dis n gewaarwording vol heimwee en nostalgie. Net so is die ontdekking van inligting oor my voorgeslag n ontdekkingsreis in die verlede om te verstaan waar ek vandaan kom. Ek het nie probeer om die Nelson stamboom in totaliteit na te vors of om in elke lid van die familie in te delf nie, eerder is dit n ontdekkingsreis in my direkte stamlyn, my Ma wat n Nelson is, haar Ma en Pa en hulle ouers. In hierdie inligting sal daar seker baie foute wees van veral n paar generasies terug maar dit bly n ontdekkingsreis wat altyd aangepas kan word solank die bewyse dit kan staaf. Geniet die reis saam met my.
Sê wie
“We’re all ghosts. We all carry, inside us, people who came before us”
“You are the fairy tale told by your ancestors.”