Nels Macolan Nelson

Nels is gebore op 29 September 1845, plek onbekend. Die vroegste rekord van Nels is in 1874. Nels trou op 24 Junie 1874 met Agnes Charlotte Morris te Edzad, distrik Boston, in die Natal kolonie. Die dokumentasie dui aan dat hulle albei “full age” is wat beteken dat albei ouer as 21 was. Nels was dus 29 en Agnes was 24. Nie een was voorheen getroud nie soos die rekord aandui. Nels se beroep was n “Sawyer” wat beteken dat hy n snyer was van goed soos klip/stene of hout. Nels het op hierdie stadium in Linwood gebly wat as ek korrek is n area in Pietermaritzburg was wat nie ver van Boston is nie. Agnes was van Edzad. Die huwelik het plaasgevind in die huis van n Mr Fisher (persoon onbekend) Getuies was n Eduard Fisher en Thomas Fisher.

Die volgende rekord ivm Nels wat ek kon opspoor is oor die afsterwe van sy vrou. Agnes Charlotte Morris was die dogter van George William Morris (beide voorname wat later vir Nelson kinders gebruik is) en sy vrou Charlotte Morris wat ook toe alreeds afgesterwe was. Agnes se ouers was van Britse afkoms. Hierdie dokument dui aan dat Agnes in Durban gebore is. Agnes sterf op 2 Oktober 1907 op die ouderdom van 57 jaar en vier maande. Nels en Agnes was dus getroud vir 33 jaar toe sy afsterwe. Nels was 62 jaar oud met haar afsterwe. Hierdie dokument kruisverwys ook dat hul getrou het in Boston. Dit dui ook aan dat hulle met haar afsterwe in Holmesdale, Ntabanhlope woonagtig was in die distrik Weenen. Ander dokumente in haar boedel dui aan distrik Estcourt, hoe dit ookal sy, dis Natal. Weer dui dit aan dat Nels se beroep n “mason” was, so nogsteeds met klip of stene of bouwerk te doen. Uit hierdie huwelik was 6 kinders gebore naamlik Annie B, Peter C, Agnes M, Edward N en dan die laatlam Lily C Nelson. Lily was gebore op 26 September 1890 en was dus 17 met haar Ma se afsterwe, al die ander broers en susters was ouer as 21 want die dokument dui aan dat sy n minor is en die ander major. Peter C Nelson se konneksie sal in sy bio bekend word. Peter C was 31 met die afsterwe van sy Ma Agnes en reeds vir 8 jaar getroud met sy vrou wat ook hier genoem sal word.

Doods kennisgewing van Agnes Charlotte Nelson