Geskiedenis

Waar begin jy om n stamboom op te stel as jy begin? Wel dis moeilik om n begin te kry omdat die Nelson naam dateer uit die middel eeue. Ure se gesoek in die argiewe lewer min op en dan kom n deurbraak op een bladsy en die wiel begin draai. Ek begin dus by n punt waarvan ek bewyse kon kry oor wie is wie. Die vroegste rekords wat ek kon opspoor in die argiewe van ons grooooot Oupa en Ouma sal dus die beginpunt wees tot verdere inligting na vore kom.

Kom ek begin deur terug te werk in my stamboom tot die begin sodat ons kan verstaan wie is wie. Elkeen wat verbind is in die stamboom kan dan self uitwerk waar hulle inpas, maar vir die lopie is dit waar ek inpas.

Hier volg nou n kort opsomming van almal in my direkte stamlyn maar ek sal meer in diepte gaan oor elkeen op die bio blaaie en daar sal jy meer geskiedenis kry soos bv vorige huwelike en waar hulle gebly het, beroep ens.

My Ma is Christina Catherina Johanna Nelson

Haar Pa was Joseph William Nelson en haar Ma was Christina Catherina Johanna Nelson (gebore Van Aswegen)

Joseph William se Pa was Nels Macolan Nelson en sy Ma was Aletta Elizabeth Nelson (gebore Griffin)

Nels se ouers kon ek nog nie opspoor nie. Aletta se ouers was Joseph William Griffin en Anna Katrina Griffin (gebore Holtzhuizen)